Jongste aktiwiteit:

Jy voltooi my hartklop

waar sielswoelinge binne my broei
het jou lispelwoorde soos lawa gevloei
jou belydenis van liefwees het getortel
in die mooiste neurie-klank wat nes wou
maak in die oesterskulp van my gehoor
tog moes ek my hand ‘n aks na links verskuif
om die sitrusgeur, wat strykstok op die wind
oor elke duin en dal, se kartels van my lyf kom
dans as die nuwe maan maagdelik-sku giggellag
sal ons ritmies rivier-af tussen rietarms roei
onder die norringklank van ‘n verdwaalde
kiewiet en krieksimfonie as minnelied
kom jy dan tesame weer jou liefde bely
in die mooiste neurie-klank; dis dan wat
jou woorde vogtig teen my dou, as die donkernag
breek in ‘n josefskleed met ‘n vrolike kleurpalet
kan ek die granaatsmaak van die maan proe
en lowergroen blaar jy my sinne
voltooi so my hartklop se klop
hier d i e p – d i e p binne my

@ Anzé Bezuidenhout




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed