Storms van die lewe
Waarom is my hart
vir jou so klein?
wat jy soos ‘n spiraal
om jou pinkie draai
Die mure druk my vas
en in my gedagtes
warrel beelde
van gisters wat was
Ek het gedink dit was
in die sterre geskryf
maar dit was
in die stof, dofweg gevryf
Dit reën vandag
en ek voel so alleen,
van die wêreld daarbuite
totaal vervreem
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.