
Musikale Taboes
Musikale Taboes
(Bel canto = with great legato or smoothness)
Waar kom die mode vandaan
om pragtige bekende liedere
se lieflike gedrae bel canto styl
so onherkenbaar te vermink
met allerhande onpaslike en
onmusikale versiersels genoem
“embellishments” maar in die
geval met onmusikale taboes van
frilletjies en fralletjies en draaitjies
liedere se hele karakter verander,
dalk omdat hulle in onkunde dink
die melodielyn is té eenvoudig vir hul
gewoonlik maar ongeoefende stem
met geen begrip vir die skoonheid
van die oorspronklike onopgesmukte
eenvoudige melodie nie, waar skoonheid
juis in die eenvoud lê – – –
Janetta – Helena [Babs]©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.