Ek wou en ek sou
Wat ek sou sê as ek kon
Wat ek sou doen as my hande wou
Ek sou woorde loslaat op die wolke
Ek sou gedigte in die vrugbare grond plant en dit elke dag besorg
Ek sou praat oor dinge in my hart
Ek sou vrylik rondwaal sonder die intensie om te vind
Ek sou vreemde gedagtes gaan besoek en verken
Ek sou dinge probeer raak sien wat meer as die normale eienskappe beskik
Ek sou skryf van ‘n onperfekte lewe
Ek sou sing van sy perfekte kleure
Ek sal dit aandagtig beskou sonder om dit aan te raak
Die mens se grootste siekte
Ons word miere besig om aan môre te bou
Ons besige gesprekte word blindelings verdoof
Deur nuus se opskrifte wat koerante laat verkoop
Ek sou kwaad raak oor onware feite
Ek sodie mooi gaan soek as ek net bietjie kon tyd maak
Ek sou…….ek wou so na aan mekaar
Verward is harte wat soek na sy perfekte laaste paar jaar
Wat sal jy doen as jy dit kry
Die roem en rykdom waarvoor jy teen hemele stry
Wat gebeur as jy met die wonderwerke in boeie jou self bevry
Daar waar jy die groter harts waarhede vermy
Ek sou
Ek wou
Word gekoppel aan berou
Dit is herinneringe van seer wat in die hede vasklou
Verander jou pad
Gaan krap op daai blad
Staan terug, kyk neer op die gemors
In die abstrakte gedig kan mens sien die siel is dors
Vir waarhede wat vasteek in jou bors
Lewe om te strewe
Na dieper versoeke, die tipe bevindings wat jou siel van lekkerte laat bewe
Dit wil gaan dans
Gee die vryheid net ‘n halwe kans
Om jou gedagtes vastevang en te verstom
Dit sal jou siel water gee en jou beddings in die droogte laat blom
Deur
Regardt Belo
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
WysEmosie
Wow klink soos eie gedagtes strompel met jou weg, alleen in ʼn groot emosie geveg wat die laaste bietjie van jou siel probeer intrek. Baie mooi geskryf