Om jou te mag sien
Jy skuil tussen rotse
waar die skadu’s jou verberg,
asof skugter
oor die wonder van jou kleur.
Maar net toe wit skuim
teen oeroud mosselbanke beur
en soutreën (vir ’n oomblik)
teen die uitspansel bly hang…
het skemerson (tersluiks en speels)
jou mooiste tinte
in haar laaste strale vasgevang.
© Carma Shaw
2 Januarie 2019
5:02
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.