salf en seën
vroeg oggend blaas die horing
tientalle marine diesel enjins begin loop
groot gerumoer en mense aktiwiteit op kaai
dan paar oomblikke stilte asof alles gaan staan
eers word die bote gesalf en seën op die vangs gebid
die nuwe werksjaar van die vissersvloot het begin
aanstons vertrek die treilers oor die horison
party kom eers na ‘n week terug
ander sal laatmiddag vasmeer
gevulde buike te kom ledig
so salf en seën gelowiges
ook weer deesdae huise
terug na eerste liefde
van hul hemelse Vader
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.