Al wat ek weet
Al wat ek weet
die son is net ’n vuur wat vlam
die maan is net ’n klip
die see is net maar waters
wat alom die aarde glip
en sterre is net liggies
wat deur die ruimte string
Mars dra soms ’n rooi gewaad
en Saturnus dra ’n ring
wat weet ek van die heelal
van newels en planeet
konstellasies of ligjare –
selfs al sou ek als vergeet
ken ek nog steeds die letters
al die klanke van jou naam
en onthou ek nog
hoedat dit voel
as jy styf hier teen my staan
© Carma Shaw
30 Desember 2018
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.