Gebed van ‘n vrou
sonder woorde van vertoon
lê ek my hart voor U neer
wetend dis vir U ontbloot
want U ken dit deur en deur.
een begeerte om uit te spreek,
dat U my sal was,
my weer sal leer
van U ligte las,
want ek wil U eer,
rein hande tot U hef,
‘n dankoffer vir U gee.
U salwing en U troos
U wysheid, U leiding en U krag
daarvoor wil ek U loof!
© CJ Laing 04/01/2019
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.