Moeder
Moeder
My sagmoedige moeder
se naam vloei eerbiedig
en sag oor my lippe
Aletta Catharina, ons
Liefdevolle, sorgsame , trotse
matriargmoeder, man en kinders
haar alles deur dik en dun,
maer jare en goeie jare,
sy was daar, altyd daar,
sag maar sterk, innerlik ‘n rots—
My woorde skiet hopeloos tekort
vir daardie moeder van my maar
dis my ode, my beste aan haar en
ek gee haar ‘n dankbare
groot dankie, dankie en
nogmaals dankie ma—
Janetta- Helena [Babs]©
4 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
dis die mooiste ode!!