Boetedoening
Drogbeeld sweet nagmerries
deur jou skimme binnegedring
het die heel laaste gryntjie
lewe uit haar siel gewring
Demone in jou hart
en siek siel versteek
was totaal onsuksesvol
om haar geloof te breek
In jou doolhoof verstand
waar ‘n duiwelskers brand
glo gedrogte gruwel en grou
leuens wat jou eie lippe bou
Maar die boetedoening kom –
wanneer jou naam getrek word
geen grasie dan vir wanspraak
te laat om jammer-traan te stort
7 Kommentare
-
neels
Evelyn dit is so waar. As ons die einde van hierdie aardse pad bereik het moet ons voor die Allerhoogste antwoord vir ons dade, baie van hulle sal die agtergeblewenis nie eers weet van nie.
-
Viooltjie
sterk gedig, Evelyn. goed gedoen :-)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
sjoe... diep ene hierdie ... maar waar en briljant gepen! (so sal elkeen sy eie boetedoening moet doen)