
alsiende
wyd soos die Heer se genade
so wyd soos die uitspansel vanself
veel wyer as wat ons ooit sal weet
daarbinne, ver onder op kolletjie
woon ek op blou-groen aarde
wyd soos die horison vol golwe
so wyd soos die atlantiese oseaan
veel wyer as net hierdie bloue see
hier langs die golwe op ‘n strand
hier staan duin waarop ek sit
welig is my verwaarlose hare
wild en onregeerbaar vol krulle
met ‘n ongeskeerde wit baard
dit laat my lyk soos ‘n hermiet
elke haar op my kop is getel
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.