Jongste aktiwiteit:

Harte

Harte
daar is nog harte
wat klop in kleur
en wondere
gebeur
myne
klop abstrak
‘n waterverf prent
sonder begin of end

net kleure ‘n plas
wat hoop
iemand sal
my hart optel
uit die
waterverf se spel
voor die
droogbloei
tot die
prent se
end
Tia©️
11/1/19




Ek doen verpleging in psigiatrie as werk en is ‘n dromer wat graag dig en skryf.. maar nooit gedink enige iemand sal dit ooit raaklees... nou gryp elk elke geleentheid aan.. en geniet dit om met woorde te speel

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed