Jongste aktiwiteit:

grond

(silwer) daar is nou niks meer wat die grond terughou nie die wind was nog nooit so wild soos nou nie sê my ma toe ek bel uit die Kaap die sand staan op soos mis en skuif in vlae onbetrokke treine tussen plaas- en werkershuise deur my ma sê dis die ergste droogte in […]

Lees meer

Die duif en die doop

(silwer) Die duif stryk neer. Sy fladderstrompel, maak haar vere glad. ‘n Tikkie purper glim. Haar krop vol akoestiek, haar kop wat wieg soos konings in prosessie, trap sy rond van sekerheid – was sy op my dak, of ‘n gladde beeld van klip, sou haar kloutjies hoorbaar klik en gly, maar ek hoor net […]

Lees meer

Vergelegen

(silwer) Vergelegen se ingevoerde kamfers staan al driehonderd jaar onveranderd. Hulle was maar altyd hier. Die herehuis ook. Van der Stel het haar in die lewe gebring – sorgvuldig, mildelik voorsien deur die VOC – maar later is sy verwaarloos, selfs onteer deur die kitsch van ‘n Ier, gelukkig dat Lady Phillips haar twee eeue […]

Lees meer

Patmos-palimpses (‘n villanelle)

Die woord slaan tent op onder mensvel. Ons voel sy glorie wit en blink, soos brokkies manna op ons lippe. In die begin was een multidimensionele sin. Toe slaan die woord tent op onder mensvel en gee aan die wesens hulle name. Die woord gee lig aan die wesens se oë, ons ore sug: Effata, […]

Lees meer

Haikoe (silwer)

winter stroop plataan tot knokkerig verwese oumensborselkop

Lees meer

‘n Winter in herinnering (silwer)

haar middae mompel loom lou ivoor deur vensters ‘n boek lê op my skoot buite swiep sy stilweg skadusterte deur die geel haar werkers kerf ‘n landskapreliëf uit gras sy is die hooimakerseisoen sy voed ons skure vanmiddag staan haar hemel stil helder en asuur maar later sal haar hemel grys word haar werkers sal […]

Lees meer

Kardoesma

instede van plastiek koop sy by die kasregister ‘n kardoes (want dis die regte ding om te doen) sy tik haar kaart druk die strokie iewers by die huis lig sy die melk en brood diep uit die buik van die kardoes net soos ‘n keisersnee dink sy maar sonder die bloed of die baba […]

Lees meer

Limeriek 2 (brons)

Toe Demi haar Ghoema gaan haal Te midde van rasse-kabaal Sou ek nie kon raai Dat al die lawaai Gaan om poep eet en slaap en herhaal

Lees meer

Limeriek 1 (brons)

Die Wolmarans-LP se vrou Het Kaaplangs haar hamels gaan skou In ‘n blou-goue rok Wat hul net-net inhok Dat sy darem respek kan behou ©Marieta McGrath

Lees meer

My oupa Klaas en my ouma Nettie (brons)

My oupa Klaas is aljimmer aan’t timmer in die agterplaas. My ouma Nettie weetie hoe sy dit met hom hettie. “Hy hamer en hy saag en hy skuur en hy skaaf, maar hy kom net nooit klaar nie; dan praat ons nie eers van hoe hy opgaar nie. “Dan kom hy die huis in met […]

Lees meer
wag asb.
op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed