Jongste aktiwiteit:

Genadige Ongenadige Groen

Ek het ʼn wilde daggaplant in my tuin en ja, dis ʼn wettige plant by ʼn kwekery in die dorp gekoop. Dit dra die mooiste trosse geel blomme. Die hoogtepunt is wanneer ek hom hoor roep; sy fladdering wanneer hy van tak tot tak spring. Dίs wanneer ek weet die suikerbekkie is in my voortuin. […]

Lees meer

ʼn Stem wat roep in die woestyn

“En hoor jy die magtige dreuning, oor die veld kom dit wyd gesweef. Die lied van ʼn volk se ontwaking wat harte laat sidder en beef”. Hoor jy dit? GLO jy dit? “Dit is die lied van jong Suid-Afrika” – W.J. Erlank. Ons, die kinders van Suid-Afrika, het al van tevore hierdeur gegaan: pogings om […]

Lees meer

POTCHEFSTROOM

Soveel slaggate, soveel herinneringe… Die mees bekende, beroemde en berigte name kom hiervandaan. Sou jy dwarsoor die wêreld hierdie dorp langs die Mooirivier se naam noem, sou dit die heelal verlig met glimlagte gedagtig aan stories, baie stories. Oorsprong van die beste geskiedkundiges, ministers, digters, skrywers, sangers, sportmense en… kuiergatte! Ry jy deur die dorp, […]

Lees meer

GAAN NA DIE MIER…

…en word wys! Die beste lewenslesse leer ons uit die natuur en die verlede. Ek wonder baie en sommer oor alles: wanneer het mense onderklere begin dra? Wanneer het hulle toiletpapier begin gebruik? Waar het hulle dit wat hulle gebruik het gestoor? Wáár, hóé het daai Victoriaanse vroue met die lang wye rokke toilet toe […]

Lees meer

Wat is jóú voorgee?

Van Gholf weet ek niks –  boggerol, maar ek hoor altyd hoe mense met hulle voorgee spog. Ek wonder maar net of die voorgee van die voorgee werklik is, of is dit net wat hulle wens dit moet wees? Voorgee is mos ‘pretend’ in Engels?! Die wyse Shakespeare het gesê die wêreld is die verhoog […]

Lees meer

Briefie vir Stienie 2 (Liegstorie vir 2026)

Liewe Stienie Ja, die jaar het met ʼn ‘boem’ begin. Ek hardloop nou al dae lank latrine toe en terug. Weet nie waar ek die kiem opgetel het nie; ek drink maar ginger poeier in lou water wat darem help vir die krampe. Jy weet die dokters het darem nou regtig duur geword. Ek en […]

Lees meer

Die onderhoud (Geskiedenisfiksie)

Frankryk 1838. Dis asof niemand meer kan onthou hoe vrede klink nie. Daar is heeltyd proteste, skreeuende betogers en rookdamp. Ek wonder of die betogers self weet waaroor hulle betoog; hoeveel van hulle kan met begrip lees? Koning Charles X het mos nou afstand gedoen van die troon. “Dis asof elke Charles wat koning word, […]

Lees meer

Die Losieshuis

“Antie Bets van die losieshuis”, is wat almal in die dorp haar genoem het. Die mense het haar so in haar middel veertigs geskat, want die bolla op haar kop het al hier en daar grys lyne gewys. Sy het saggeaard voorgekom, maar jy sou gou agterkom sy is nie jou speelmaatjie nie! Sy is […]

Lees meer

MA

Toe ons nog was, Klein, jy jonk Kon ons val, huil, seerkry, lag En in speletjie kerkwyn verdronk   In die poele van jou grysblou oë het ons sproeireënlafenis gevind en deur die vensters van jou siel Was ons met mekaar verbind   Die gat wat bloed laat Is veel groter as die van water. […]

Lees meer

Wyn en sonskyn

Jy ruik, sien, proe, hoor dit. Jou sintuie het ontwaak, want dis die eerste dag van Oktober. Die lug is blouer as gister en al het jy twee weke gelede huis skoon gemaak, ruik jou skoenuitskopplek vars en lekker. Jy hoor die voëltjies vrolik tjirp en jou koffie hier op die stoep proe lekkerder. Omdat […]

Lees meer
wag asb.
op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed