Jongste aktiwiteit:

Waar stilte weergalm

(Woordtelling: 1 902) Sophia sug verlig terwyl die sagte kaftan oor haar kop glip. Dit is bedompig en tamheid kleef soos nat klere aan haar warm lyf. Sy hoor weer die dringende roepgeluid van ‘n selfoon. So absurd, want daar is niemand anders hier bo nie. Skielik onthou sy vanoggend se inkopies lê nog in die […]

Lees meer

Die grootste hiervan

‘n Rilling glip teen Surika se ruggraat af. Déjà vu … Sy probeer die vreemde gevoel afskud. Dit is darem nou al 15 jaar en ‘n hele leeftyd later. Destyds was sy so naïef en jonk. Ligsinnig, sonder ‘n sin vir verantwoording. Tog het sy toe reeds geweet dat sy haar eie onderneming gaan hê. […]

Lees meer

skrywersblok (brons)

gedagtes soos wasgoed in die wind bly wapper sonder woorde _ as my potlood hul wil vaskeer bly elkeen hom ontglip en waai die woorde weg waar ek hul nie kan vind   dan smaak my stories laf _ futloos nes vaal tee   © Rika Gerryts

Lees meer

Altyd nuut (Brons)

op die tong van ‘n kappertjieblaar rol vars douwoorde silwer gerond en as jy luister na hul fluister sou jy weet gister’s verby -dis klaar-   die son beloof ‘n nuwe begin vroegoggend waaierstert sy speke my dankbaarheid sal hy verstaan as ek tog maar net in geel kon sing   in blare takke kwetter […]

Lees meer

Vrees se vinger

Kelheim-distrik Suidelike Duitsland – 1570 Buite die stadsmure, aan die rand van ‘n veld, huil ‘n gure wind om die hoeke van die klein huisie. Dörte doop haar gansveerpen kort-kort in ‘n houertjie swart ink. In die dowwe lig van die vuurherd skryf sy stadig, maar deeglik. Haar regterhand klad die nat ink gereeld met […]

Lees meer

Lewe se vere

“Kom binne! Maak of hierdie jóú huis is,” het ek alte braaf vir Lewe gesê, want sy voet was alreeds ongenooid binne my deur. Hy het immers gekom om saam met my te bly en daarom trek ek ‘n stoel vir hom nader. Ons twee was nie voëls van eenderse vere nie. Hy word my […]

Lees meer

Om te wag vir tyd

Deur soek-soek te ry, het jy daarop afgekom. Weggesteek in ‘n half industriële gebied, tussen ‘n paar ou huise, het die onverwagse helder kersfees-liggies jou in die donker verwelkom. By die klein restaurantjie het ‘n Italiaanse gesin jou hartlik binnegenooi en ‘n bordjie met ‘n paar snye brood voor jou neergesit. Komende uit ‘n familie […]

Lees meer

‘n Perfekte dag

  (1991 woorde) n Perfekte dag Die getik-tik-tik van sy pen het my woorde vervaard na die eerste van my drie keuses laat gryp. “Besluiteloos …, Ouboet?” het Daleen my oudergewoonte so onderlangs geterg. Ek kom seker vir haar besluiteloos voor en ek wou-wou myself vir haar vererg. Sy het my te goed geken en […]

Lees meer

Bosbokkie-oe

My bene skanier outomaties inmekaar en ek sak soos ‘n sak aartappels in die skadu van ‘n wilde proteabos neer.   Hierdie gloeiende rooi gesig het ek te danke aan my vriend se avontuurlistigheid. “Plaas het jy nie nét gehardloop as iemand jou jaag nie,” lag Jonathan ten koste van my eie ou grappie, “dan was […]

Lees meer

As die berge roep

  Lente skrik wakker. ‘n Korset van onheil druk om haar bors, kompleet asof sy weer gedroom het.  In die donker gloei 05:00 rooi op die bedkassie.  Onverwags vul die Groot Mars uit Aida die slaapkamer.  Dawie se slaperige stem beëindig die musiekuitvoering. “Waar? …  Waar’s jy nou? … Ek kom dadelik!” Tussendeur hoor Lente […]

Lees meer
wag asb.
op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed