Altyd nuut (Brons)
op die tong van ‘n kappertjieblaar
rol vars douwoorde silwer gerond
en as jy luister na hul fluister
sou jy weet gister’s verby -dis klaar-
die son beloof ‘n nuwe begin
vroegoggend waaierstert sy speke
my dankbaarheid sal hy verstaan
as ek tog maar net in geel kon sing
in blare takke kwetter en kweel
‘n koorsang van vrolike liedjies
as jy voellirieke kan ontleed
hoor jy elke dag begin weer heel
vandag omhels my met sysagte
glans van al Sy troue genade
snags skuil ek onder ‘n donskuiken kombers
Sy troos in soveel donker nagte
©Rika Gerryts
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir NOVEMBER & DESEMBER 2025 – OOP projek