Bloupers beloftes (Opdrag 4)
In ‘n agterstraatse hoerneskroeg
wakker sy woede aan
soos hy sy selfopgelegde smart
— wat met spyt en verwyte spoeg —
teug vir teug die bodem
van ‘n konjakglas inslaan
en môre weer ingekleur
agter donkerbril dik gegrimeer
staar ‘n vrou vol pretensie
deur bloupers omringnde lense
— wat met spyt en verwyte spoeg —
die wêreld verleë in die oë
©Loretta Szikra
9 Kommentare
-

Carin Erasmus
briljant!!!
-

Driekie
Baie mooi.
-

Callie Vermeulen
Baie mooi gedoen Loretta.
-

Elroux
WOW dit is briljant gedoen.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou deelname aan die Pendoring 2 / INK kompetisie