My liefde vir jou, is werklik oneindig. Jy dra my op jou hande, en daarvoor is ek altyd dankbaar, onthou, maak nie saak wat gebeur nie, tussen ons of in die lewe, ek is altyd lief vir jou, ons moet altyd vergewe, al kan ons nie altyd saam baljaar. My lief, my hart se dief, […]
Die Sonneblom gee in baie aspekte, die saad van die lewe, mens gaan dit sommer van vêr af sien, dit lyk spoggerig met sy geel blom en donker middel. Net soos hy, is daar ook baie ander, diere en blomme wat hul doel dien, en net soos dit, het ons elkeen ‘n rol in die […]
Ons mense het allerhande snaakse giere, maar ons Volk is uniek in sy soort, ons voortbestaan word ook tans bedreig, deur diere, wat ons uitmoor en ons plase gryp. Maar my Volk kom met die mooiste taal, die mooiste as van al die tale wat bestaan, Aaa, Afrikaans so eg soos ouma se beskuit, en […]
Soos ek hier staan, Karoo vlaktes oral om my, U beeldskone handewerk, kilometers en kilometres, wyd verspreid. Besef ek weer, ons sê nie genoeg dankie, so ek bring ‘n ode, net vir U, en ek skenk dit aan U my Vader, deur net bietjie, dankie te sê, want U genade, dit is groter as groot. […]
Ek sit hier in die oomblik, alles om my raak stil. Skryf ek my hart uit, en doer vêr is ‘n skaap, ek dink hy is besig om van hongerte te gil. Hier en daar voëltjies wat mooi deuntjies fluit, deur die sonnetjie, skyn ‘n straal bloedrooi, hy weerkaats terug, soos hy skyn in die […]
Ek kan die ritme, van ons liefde voel, dit klop-klop aan my hart, tok-tokkie, jou sagte hande strelend, oor my rug, ons siel is besig om in mekaar te spoel. Jy sit jou lippe op myne, tonge wat mekaar halfpad ontmoet, mag ons nooit ons liefde, vir mekaar totsiens groet, want ek sal enige iets, […]

Soos die Karoo windjie waai, kom daar weer verlange by my op, my hart wat dan nostalgies terugdraai, en op ‘n gelukkige plekkie stop. Dis Augustus, dit is die jaar twee duisend. My hart jubel van opgewondenheid, ek sit en televisie speletjies speel, my ma is sopas hospital toe, en ek gaan binnekort, my lewe […]
So baie het eens op ‘n tyd my hart besit, en partykeer verlang mens na hul, maar jy kan dan net dagdroom, deur aan daai tye, goed en sleg, terug te dink, op daai liefdeskontrakte was ‘n nul, want ons het nooit, vir ons verhoudings gebid. Hard het ons aan daai les geleer, en vandag […]

Soms kan mens nie jou familie vergeet nie, maak nie saak wat hulle verkeerd doen. Meeste van die kere kan jy hul ook nie kies, jy word baie vinnig aanvaar, en so baie goeie tye wat julle saam kan en kon deel, wees daarvoor dankbaar. Familie liefde, gaan nie net oor die en oor dat, […]

Ek hou van boeretroos, dit is die opregste troos vir ‘n boer. Die lewe gaan soms sukkel-sukkel, en koffie maak dit net so êffe beter, nie net vir jou nie, nie net vir my nie, maar ook vir die oom op die plaas se roer. ‘n Lekker ou koffietjie, gee mos maar vir ons die […]

