Jongste aktiwiteit:

Die son, maan en die sterre

My liefde vir jou,
is werklik oneindig.
Jy dra my op jou hande,
en daarvoor is ek altyd dankbaar,
onthou,
maak nie saak wat gebeur nie,
tussen ons of in die lewe,
ek is altyd lief vir jou,
ons moet altyd vergewe,
al kan ons nie altyd saam baljaar.

My lief,
my hart se dief,
ons het ‘n lang tydjie saam,
want ek sal nooit op ons opgee nie,
ek glo tot die dood ons skei,
sal ek by jou bly,
want dit is ware liefde die.

Ja, tye gaan dalk soms rof raak,
maar ons moet mekaar bystaan,
mekaar dra,
maak nie saak,
wat gebeur nie,
onthou dan,
net soos die son, maan en sterre,
sal my liefde vir jou nooit vergaan,
want tot die einde bly ek lief vir jou.

©Kopiereg – Timothy De Vos Botha – Alle Regte Voorbehou
11 Augustus 2017
13H35nm




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed