Jongste aktiwiteit:

Die Sonneblom

Die Sonneblom gee in baie aspekte,
die saad van die lewe,
mens gaan dit sommer van vêr af sien,
dit lyk spoggerig met sy geel blom
en donker middel.
Net soos hy,
is daar ook baie ander,
diere en blomme wat hul doel dien,
en net soos dit,
het ons elkeen ‘n rol in die samelewing,
en ons kan ongelukkig nooit,
die donker sien kom.

Maar as mens mooi kyk,
is slegs ‘n klein gedeeltetjie donker,
op die sonneblom.
En net so is daar net ‘n klein stukkie,
van ons lewe wat soms donker is,
ons kom dit nooit eintlik agter nie,
want ons is nie van die meerderheid liefde bewus,
op elke persoon se pad,
gaan daar ongelukkig hier en daar ‘n bietjie leed kom.

Dit word vir ons gegee as uitdagings,
so ons mag nie moedeloos staan nie.
Hy sal nooit vir ons iets gee,
wat ons nie kan vermag,
want net soos die sonneblom vir die bye,
net so gee Hy ook vir ons die krag!

©Kopiereg – Timothy De Vos Botha – Alle Regte Voorbehou




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed