Seisoene in my hart
Waar die skadu’s daal
versalt onbekendheid
in die vreemdheid
van klanke en beelde
Breek die eerste fyn pêrels
in die rafels van die wind
die son spikkel-flikker
oor die water
Seisoene dans deur my hart
dans van seer
dans van verlange
dans val liefde
roerloos onspoor
die voue van ‘n koue berg
waarop ek spoor’loos swerf
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Augustus - As die seisoene draai projek