Jongste aktiwiteit:

Die Ware Boerekneg

Ek hou van boeretroos,
dit is die opregste troos vir ‘n boer.
Die lewe gaan soms sukkel-sukkel,
en koffie maak dit net so êffe beter,
nie net vir jou nie,
nie net vir my nie,
maar ook vir die oom op die plaas se roer.

‘n Lekker ou koffietjie,
gee mos maar vir ons die huppel in ons stap,
dit vertroos ons,
en dit is altyd daar,
oe, mmm, net so lekker,
soos ‘n ou Tolla Van Der Merwe grap.

Sy aan sy,
stap ek en my boeretroos,
deur die lewe,
want selfs wanneer ek vir my mense
moet gaan veg,
bly dit my ware opregte boerekneg.

©Kopiereg – Timothy De Vos Botha – Alle Regte Voorbehou




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed