
Familie liefde
Soms kan mens nie jou familie vergeet nie,
maak nie saak wat hulle verkeerd doen.
Meeste van die kere kan jy hul ook nie kies,
jy word baie vinnig aanvaar,
en so baie goeie tye wat julle saam kan en kon deel,
wees daarvoor dankbaar.
Familie liefde,
gaan nie net oor die en oor dat,
dit gaan oor hulle aanvaarding,
en jy moet hulle aanvaar soos hul is
wees altyd van mekaar se omgee bewus.
Want op die ou einde van die dag,
is dit ook hulle op wie jy kan staatmaak.
En dit gee jou die krag,
om aan te gaan,
want jy weet,
en jy vertrou,
wie agter jou staan.
Mens hoef nie altyd bloed te wees,
om deel van ‘n wonderlik familie aanvaar te word nie.
Glo en vertrou die mense wat by jou staan,
deur al jou angs, verlies en vrees,
want dit is opregte familie liefde die.
**Opgedra aan Johan en Helena De Vos Botha, die pa en ma wat daar was wanneer ek hul nodig gehad het, ek is lief vir julle**
©Kopiereg – Timothy De Vos Botha – Alle Regte Voorbehou
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.