Prikkel my hart
Torre met blou vlerke
snel in die môre se glans
pronkveer, bontveer
en ek wonder vir die soveelste keer
Prikkel my hart
prikkel my sintuine
al om jou
helder kleure
Ek skilder met die helder blou
sirkels om jou hartsreise
en my hart het finaal
in jou klippiebruinoë verdwaal
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Julie Oop en nuwe projek