Jongste aktiwiteit:

Zander

Soos die Karoo windjie waai,
kom daar weer verlange by my op,
my hart wat dan nostalgies terugdraai,
en op ‘n gelukkige plekkie stop.

Dis Augustus,
dit is die jaar twee duisend.
My hart jubel van opgewondenheid,
ek sit en televisie speletjies speel,
my ma is sopas hospital toe,
en ek gaan binnekort,
my lewe met ‘n boetie deel,
o, daar kom groot jolyt.

Op ‘n latere stadium,
is mamma terug by die huis,
perdfris gesond,
baba se blou ogies wat loer-loer,
tevrede en vol vrede,
terwyl hy op die bed lê,
nooit besef dat ons later,
baie sou baklei.

Boetie vandag het ek,
net agt woorde vir jou en onthou,
ek is nogsteeds baie lief vir jou,
Zander.

Xxx

©Kopiereg – Timothy De Vos Botha – Alle Regte Voorbehou




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed