As ek skryf raak dit stil
Ek sit hier in die oomblik,
alles om my raak stil.
Skryf ek my hart uit,
en doer vêr is ‘n skaap,
ek dink hy is besig
om van hongerte te gil.
Hier en daar
voëltjies wat mooi deuntjies fluit,
deur die sonnetjie,
skyn ‘n straal bloedrooi,
hy weerkaats terug,
soos hy skyn in die ruit.
En skielik dink ek baie,
aan die honger-op-straat mense,
ek sien in my geestesoog,
stukkende vensters,
is dit dalk hul lewens?
So vlenters?
Dan verskuif ek weer
my hart se grense,
daar is niks wat dit kan keer,
nie eers duisende sterk mans nie.
Want as ek skryf,
raak dit stil…
©Kopiereg – Timothy De Vos Botha – Alle Regte Voorbehou
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.