Jongste aktiwiteit:

PAPPA IN MY DROOM

Jou knobbel hande, vou veilig om myne, jou arm by my ingehak, loop ons, onverpoos, deur die skare, en jy bid asof jy nog nooit bang was. Dit was jou bid, jou opkyk na bo, wat maak dat ek vandag nog probeer glo. Wanneer jy met jou God praat, het jy dit gedoen asof jy […]

Lees meer

Nostalgie van kind

Wanneer nostalgie, met klawer vingers, begin om ‘n ou onthou liedjie met jou siel te speel, dan klim verlang snoesig in jou hart in, skep ‘n ruimte van behoort, en hartseer kom sit op jou skoot. Wanneer gister se vrae weer in jou kop inklim, en al jou dink weer oor begin, dan loop jy […]

Lees meer

Bid

Staan op jou knieë, laat dit eelte word. Bid…… tot die God van Dawid, Jakob en Josef. Bid…… tot die natuur, of ‘n beeld, dit maak nie regtig saak, maar bid totdat die heelal knars en breek en die binnekant van jou siel kan raak. Dan ruk jy op, onder die kluite uit! Weier om […]

Lees meer

HIPPIE LIEDJIE

Die lewe is ‘n hippie liedjie, dit is vol blomme geverf op knop karretjies, dis ‘n bont gedoente met toings en poncho’s. Dis woeste deurmekaar hare, wat orals krul soos hulle wil. Dit word ‘n seisoen liedjie, wat jou longe in suig voor jy die kniee voor liefde buig en met ‘n boks kitaar om […]

Lees meer

PAPPA IS HIER

Loop padlangs, al met die ry bome af. gooi jou oë se kyk met sagte deernis op, na die ente van die groot blaar here, wat trots regop staan. Dan kyk jy na my wandelstok, wat ek met ‘n vorentoe, adelike heen-en-weer, swaai, jou die kuns van wandel leer. Met skemer loop jy lig, met […]

Lees meer

EK WIL KOM KUIER

Mag ek vir jou kom kuier, want die engel voor die poort het my geweier?! Ek wou vir hom skree, “God het jou vir my gegee!” Maar sy ore was doof en sy oë was leeg. Ek wil vir jou kom kuier! God het jou vir my gegee en toe sommer net gevat. Nou staan […]

Lees meer

KOM HUIS TOE

Met ‘n handjie vol modder, ‘n mondjie vol sand, Mamma is hier aan die anderkant. Bring jou dogterjie hart, jou blonde koppie, tot hier by Mamma, my Skat. Wanneer die son vanaand sak, dan lê jy jou lyfie by my neer, sodat ek vir jou liefde medisyne kan gee, vir al die seer. Ek sal […]

Lees meer

GEE VIR MY DIE TELEFOON!

Gaan roep my ma, loop met die goue gange af, en gee vir haar die foon, ek wil haar dringend iets vra? Mamma, ek wil weet, wat sê ek vir jou klein feetjie ding, haar hart het ophou sing. Sê vir my wat moet ek maak, wanneer die lewe vir haar moeilik raak? Gaan maak […]

Lees meer

EK GAAN VIR OUMA SE

Die groot bid gees in die familie, wat daar Bo vir ons die praat werk doen, ek gaan vir haar sê….. Ek gaan vir Ouma sê, ek gaan vir haar sê wat hier gebeur, sy moet kyk hoe dit hier lyk. Sy het ons geleer, dat niemand weggooi goed is, dat mense-lewens kosbaar is, en […]

Lees meer

WILDSPASTEI (INGEWY)

(Resep Gedig vir Giel Visser en sy geweer) Hierdie bok vleisies behoort genoeg te wees vir 4 – 6 mensies. Tyd is egter ietwat lank, so lees jou koerant solank op die bank. Voor jy daar loop sit en lees, hierdie moet eers alles in die stoomdrukker wees: ‘n Halwe botteltjie koljander 3 skutte Naeltjies […]

Lees meer
wag asb.
op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed