Jongste aktiwiteit:

EK WIL KOM KUIER

Mag ek vir jou kom kuier, want die engel voor die poort het my geweier?!
Ek wou vir hom skree, “God het jou vir my gegee!”
Maar sy ore was doof en sy oë was leeg.

Ek wil vir jou kom kuier!
God het jou vir my gegee en toe sommer net gevat.
Nou staan ek voor ‘n poort…..pap-sop nat,
geweek in trane van verwarring en haat,
want eks vir God baie kwaad.
Die kerk mense kan maar na hul monde gryp,
asof hulle skrik vir my kwaad, en my roekelose sê,
maar dis nie hulle mense wat verdwaal in droë grond lê.
God het my wees gelaat….en ja, ek is kwaad.
Want ek wil vir jou kom kuier!
Vir jou vertel dat Hy steeds op my neersien.
Die God waarin jy altyd desperaat bly glo,
Sy genade van bo,
Dis dieselfde God
wat net soos met Jesus,
Sy kop weg draai,
terwyl die wereld bly wreedheid saai.

En wanneer die wereld klaar als verniel, en die kerk bly kniel,
bly ek regop staan voor die poort se hek, want ek wil vir jou kom kuier,
en as die engel my dan steeds bly weier,
dan loop ek self oor die Joraan en dan mag ek voor God gaan staan,
dan kan ek vra “WAARS MY MA?!” en “WAARS MY PA?!”




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Wilma het n geregistreerde lid geword

  • Carlien Lid se profiel foto het verander

  • Christa D het ‘n nuwe publikasie gemaak