Jongste aktiwiteit:

PAPPA IS HIER

Loop padlangs, al met die ry bome af.
gooi jou oë se kyk met sagte deernis op,
na die ente van die groot blaar here, wat trots regop staan.

Dan kyk jy na my wandelstok,
wat ek met ‘n vorentoe, adelike heen-en-weer, swaai,
jou die kuns van wandel leer.

Met skemer loop jy lig, met sagte tree,
sodat die aarde van jou respekte weet.
Onthou, dis geleen. loop asof jy dit verdien.
Moenie met jou voete steel nie.

Haal asem met jou skouers want dan kan jy die geur van aand,
diep deur jou longe trek.
Dis hoe jy ‘n stukkie grond in jou siel ontvang.

Wandel, moenie net loop nie.
Luister met jou hart, nie met jou ore nie.
Die geluid van die heelal, praat nie met ‘n stem nie.
Elke aand vertel moeder aarde ‘n nuwe verhaal.
Luister, want die dag se storie is nooit bang of verward nie.
As jy mooi hoor, dan weet jy hoe klink hoop.

Beweeg deur elke skadu,
kyk die maan se prentjies op die pad.
Glinster saam met die blink bestaan.
Jy vra niks nie, verwag niks nie.
Wandel net.
Onaangeraak deur die geraas wat boosheid maak.
Solank jou voete die pad van wandel ken,
en jou hart weet van luister,
dan vou ek my growwe hand om joune,
want pappa is hier.




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed