Jongste aktiwiteit:

HIPPIE LIEDJIE

Die lewe is ‘n hippie liedjie,
dit is vol blomme geverf
op knop karretjies,
dis ‘n bont gedoente met toings en poncho’s.

Dis woeste deurmekaar hare,
wat orals krul soos hulle wil.
Dit word ‘n seisoen liedjie,
wat jou longe in suig
voor jy die kniee voor liefde buig
en met ‘n boks kitaar om ‘n vuur begin dans
want dit is nou,
more is eers weer jou volgende kans.

Wanneer jy asemloos neerval,
en die lug in staar,
draai die wereld rondomtalie
en wolke word warm komberse
met sterre vir kerse,
en sodra die son gaan slaap,
dis dan wanneer die laaste liedjie jou siel kom kaap,
en jy glimlag oor more…..
wat nog moet gebeur.




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed