Jongste aktiwiteit:

ALTYD EK EN JY (NO2)

Daar onder by die Wilgerboom,
by die blouste blou waterstroom,
het ek jou eendag lief gekry,
ure later was dit verby.

Sonder jou liefde wou ek nie voortgaan,
en rede wou ek nie verstaan.
Om alleen agter te bly,
was geen opsie vir my.

Die lewe was te veel sonder jou,
die wete dat ek jou nooit weer vas kon hou.
Sonder jou kon ek nie meer,
die mense was te laat om my te keer.

Net by jou wou ek wees,
Met hart en siel en gees.

Daar onder die Wilgerboom,
by die blouste blou waterstroom,
is ons elke dag bymekaar,
en jy is altyd daar.

Twee kruise versier die Wilgerboom se bas,
n teken dat ons eens daar was,
n liefde so groot,
wat voortleef selfs na die dood.




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed