Jongste aktiwiteit:

ALTYD EK EN JY (NO1)

Daar onder die Wilgerboom,
by die blouste blou waterstroom,
het ek een aand my hart verloor.
Jy het my so bekoor.

My maag het gedraai,
jy het my in die rondte geswaai.
Ek was verlief,
en jy was die harte dief.

Daardie aand kon ek nie slaap,
ek was bang dis n droom en ek ontwaak.
Jou lippe op myne,kon ek nie vergeet.
Dat ek jou altyd lief sal he,het ek reeds geweet.

Daar onder die Wilgerboom,
by die blouste blou waterstroom,
het ek heeldag op jou gewag.
Die dag was later nag.

Nooit het jy opgedaag……….
Met die terugstap,so traag,
sien ek tussen die bome iets…
Dit was wrakstukke van jou motorfiets.

Net daar het ek geweet,
jy het my nie werklik vergeet.
Jou tyd was bepaal,
en dit het ons liefde ingehaal.




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed