My Ghitaar
My Ghitaar
My ghitaar
het lank slapsnare klankloos
stom in die hoek gestaan geen
vlugge grepe en dartelende vingers
het sy snare gepluk en gestreel
maar ek het hom nou gestem
en die snare styf gespan want
ek wil vanaand vir jou soos ek
lankal wou ‘n hartsliedjie sing,
‘n serenade van liefde en verlange
geskrywe net vir jou, want
jy sal my woorde se eenvoud verstaan
as ek my siel ontbloot, in jou oë kyk
en met ryk sonore snarespel en lied
my hart aan jou verpand—
Janetta – Helena [Babs] ©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.