KOM HUIS TOE
Met ‘n handjie vol modder,
‘n mondjie vol sand,
Mamma is hier
aan die anderkant.
Bring jou dogterjie hart,
jou blonde koppie,
tot hier by Mamma,
my Skat.
Wanneer die son vanaand sak,
dan lê jy jou lyfie by my neer,
sodat ek vir jou liefde medisyne kan gee,
vir al die seer.
Ek sal vir jou milo gee,
met marshmellows op,
dan glimlag jy so deur die stukkend,
en weet ALTYD dat tussen mamma
en tussen God,
was jy NOG NOOIT net ‘n stukkend erde pot.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.