Nostalgie van kind
Wanneer nostalgie, met klawer vingers,
begin om ‘n ou onthou liedjie met jou siel te speel,
dan klim verlang snoesig in jou hart in,
skep ‘n ruimte van behoort,
en hartseer kom sit op jou skoot.
Wanneer gister se vrae weer in jou kop inklim,
en al jou dink weer oor begin,
dan loop jy kaalvoet, alleen oor ‘n grysklip pad,
en wonder telkens oor en oor, vir wat?
Wanneer twyfel oor die grootmaak van jou kind,
die binneste kante van jou hart verslind,
dan gryp jy verdrietig en benoud,
na enige enige behoud,
want niks is so absoluut kranksinnig seer,
soos verwyt oor ‘n ouer se besluit.
Dis dan wannneer ek verlang,
na my biddende ma, my saggeaarde pa,
na die onskuld van my kindwees,
toe ek kon leef sonder vrees.
En ek wil so graag vra:
“Mamma, sê vir my, is ek die ma
wat jy kon dink ek sou wees,
want ek wil so graag glo,
jy sien dit van daar bo.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Elroux
'n pragtige broos gedig wat nostalgie goed uitbeeld