Jongste aktiwiteit:

Elegie aan Carma Shaw

Soos ‘n gewonde duif was sy wat bewe in haar seerkry en haar vrees die ongenooide bitter gas wat stadig homself versadig aan haar vlees en sy, die een met liefde in haar hart en soveel deernis vir haar liefde in sy smart, wat moedig veg en beur vir nog een oomblik, nog ‘n skansing […]

Lees meer

Dans van die Liefde

Wanneer jou lyf se simfonie adagio in c mineur en myne saamsleur in die suiwer note van die minuet dan sweef ons saam, ons liggame versmelt andante in die tango, smeulend groei die ritme allegretto tot allegro as die paso doble oorneem styg ons saam in allegrissimo P R E S T I S S […]

Lees meer

‘n Nota op jou kopkussing (18)

My kyk nooi jou uit om teen my bors te kom lê sodat my hart jou kan vertel wat ek in nie in woorde kan sê © Anton Bosch 04/01/2020

Lees meer

Kaalvoet Liefde

Kaalvoet staan ek voor jou my hoof is onbedek, my hart is in my hande, my liefde onbevlek. Jy vra wat’s my begeerte, wat wil ek hier kom kry, ek antwoord uit my hart uit, dis altyd maar net jy… want dis ‘n kaalvoet liefde dié waarmee ek jou bemin, ‘n liefde sonder rym of […]

Lees meer

Skoppelmaai

Kyk ek ry op my skoppelmaai en my lag weerklink in die wind se waai as my kinderhart op die wolke dans in die skittering van die son se glans, en ek swaai en ek swaai op my skoppelmaai maar die wind het bedaar en nou ophou waai want my grootword hart het vergeet om […]

Lees meer

My Liefde

My liefde is die sonstraal wat die skaduwees verdryf as die hartseer oor jou toesak soos die skemer in jou lyf Dis die najaarsreën wat uitsak oor die droogte in jou siel as die seer van jou verlede jou binnekant verniel My liefde is ‘n donskombers teen die winterwind se kou as die eensaamheid se […]

Lees meer

‘n Bietjie Son

Ek het ‘n stukkie sonskyn uit die somertyd bewaar, dit in ons storieboek gepars net soos ‘n blom se blaar en toe dit koud word in jou siel, en alles om jou grys en vaal, het ek ons storie oopgemaak en weer die son vir jou gaan haal © Anton Bosch 01/01/2020

Lees meer

Waar Is Jy?

Ek pluk ‘n lelie in die vlei en my hart verlang na jou, ek pluk ‘n bossie songeel madeliefies vol druppels van die vroeë more dou, ek sien die blou-blou berge en ek wonder waar’s jy nou ek kyk oor wye oseane en my oë soek na jou, dan draai my blik na binne en […]

Lees meer

Op ‘n Wintersdag

Op ‘n wintersdag as die wolke grys en laag oor die bruin rivier se water hang, en die bloureier aan die oorkant paddas in die modder vang, vloei die reën se druppels ongevraag oor my wang, as dit oorloop uit my oog se opgaardam, en my hart loop draaie op die ver kuierpaaie van ‘n […]

Lees meer

As Die Wals Struikel

As die wals sou struikel in ons liefdesdans en ‘n hart roep uit vir ‘n laaste kans sou die musiek bly vloei tot ons die ritme vind as ons aanhou dans deur die hoop verblind? Of sou ons oor begin met ‘n nuwe lied in geloof dat dié note ons geluk sou bied? As die […]

Lees meer
wag asb.
op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed