
‘n Bietjie Son
Ek het ‘n stukkie sonskyn
uit die somertyd bewaar,
dit in ons storieboek gepars
net soos ‘n blom se blaar
en toe dit koud word in jou siel,
en alles om jou grys en vaal,
het ek ons storie oopgemaak
en weer die son vir jou gaan haal
© Anton Bosch 01/01/2020
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Kiekies
Briljant!!