Januarie 2020 projek
Beste INKers
Mag die nuwe jaar vir elkeen teen ‘n beheerbare tempo afskop met die nodige voorspoed en guns.
In die gees daarvan, kom ons pak 2020 aan in ‘n ligte toon.
Die opdrag hierdie maand is tema- en reëlloos.
In al die afdelings is jy as skrywer oorgelaat aan jou eie voorskrifte.
Ek wil graag sien wat jy sal aanbied as jy bloot uit jou hart skryf.
Wees net gewaarsku: die res van 2020 gaan ons skrywersdissiplines besoek wat ons nog nooit voorheen gedoen het nie. Gebruik dus die laaste geleentheid om sonder die swaard van opdragte oor jou kop deel te neem.
Ek sien uit na goeie werk van ‘n hoë standaard.
Skryf in Afrikaans; INK ons stom.
Projekbestuurder.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.