Jongste aktiwiteit:

My Liefde

My liefde is die sonstraal
wat die skaduwees verdryf
as die hartseer oor jou toesak
soos die skemer in jou lyf
Dis die najaarsreën wat uitsak
oor die droogte in jou siel
as die seer van jou verlede
jou binnekant verniel
My liefde is ‘n donskombers
teen die winterwind se kou
as die eensaamheid se koue
sy arms om jou vou
My liefde is ‘n veermatras
om jou kom lê mee sag te maak
as oudag se herinnerings
jou gedagtebed kom kraak
My liefde is die maanlig
vir die donkernag se bang
as die spoke van jou seerkry
dreig om jou te vang
So vou my liefde om jou
soos ‘n sagte velkaros
dan kan jy al jou pyn en hartseer
op my liefdesaltaar los…

© Anton Bosch 03/01/2020




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed