Jongste aktiwiteit:

Elegie aan Carma Shaw

Soos ‘n gewonde duif was sy
wat bewe in haar seerkry en haar vrees
die ongenooide bitter gas
wat stadig homself versadig aan haar vlees
en sy, die een met liefde in haar hart
en soveel deernis vir haar liefde in sy smart,
wat moedig veg en beur vir nog een oomblik,
nog ‘n skansing teen die treur
het toe oplaas die veldslag moes verloor
die laaste pynrivier wat sy moes oor
maar aan die oorkant op die wal
het Hy vir haar gewag soos Hy belowe het Hy sal
en sy, nou ewig sonder las van vrees,
in nuwe ligaam, volkome pynloos en genees,
oplaas haar vlerke sprei en op die wieke van Sy wind
nou waarlik arend wees…

©Anton Bosch 13/09/2020




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed