Opdrag 8 Stilgedig Gedig bestaan uit 7 reëls Die woord stil (in enige vorm) verskyn in elke versreël Daar moet van ten minste een vorm van beeldspraak gebruik gemaak word Emosie moet in die gedig weerspieël word My stilte koue stilte kom lê binne my dof donker breek my hart stil-stil en verwese omarm die […]
n gedagte (Opdrag 7) stadig omvou jy my beskermend silhoeëteer ek jou vlindersag en kreukel ek jou lyne vir ‘n flenterfyn glimlag wyl jy my hitte proe (smeulend) in pers fluister jy jou liefde smagtend karteer jy my kontoere sonder krag en voel ek fosforperde in jou lag huiwerend    soekend     wagtend tog bly dit net ‘n […]
Mio amato (Opdrag 6) Jy wasem my met ‘n sagte lentebries tot geboorte ek wil skugter om jou vou en skaamteloos nakend in reënbooggloed jou minnaarslied triomfantlik hoor ek wil ons blanko blad met baldadige kleure verf en sorgvry skilder aan ons verhaal ek wil met bevryding jou op my laat tatoeëer en saam kan […]
Broosalleen (Opdrag 5) Sommer so sonder ‘n groet is jy weg en ek is brokkelbroos vergeet-my-nietjies en trosse reënblomme tuimel in my hart se storms emosieblare word gekneus en aan flarde geskeur beklemmende wurggrepe smoor hartskeurende rou smartkrete tot spasmodiese snikke en opgedroogte oë ‘n donker gat grynslag in swart ek voel purperbroos ©A Enslin
Gesigloos (Opdrag 4) jou onthou het afgesplinter soos skaafsels en jou woorde het gaan lê in ‘n (stil)prent getalle het skuilgegaan in verdwaalde syfers met frustrasie wat dans in jou oë onthouloos noem jy my naam voor jy neskry in gister se gister jou onthou het afgesplinter soos skaafsels in ‘n oomblik se vergeet Kopiereg […]
Openbaring (Opdrag 3) Jy lê geëts in my siel verewig en diep-diep weggebêre my liefde vir jou versteek soos ‘n doodskleed op my solder die onthou van (dit mag nie) ons ongekroonde liefde wat toegegrou moes word bly agter my ribbes vasskop die kraak in my soldermuur kraak wyer ons geheim bars en breek deur […]
Sielspalet Woorde omkring my wortelgedagtes gryp na my binne-ink en trane om my siel bloot te lê vir betasting met modderhande diep in my kerkergange word ek gekersten met bloedgrafieke op my sielsmuur in bloed ink ek my storie giet dit in die woestynland vir die aasdier om te kom pik om my siel se […]
Nooit (Opdrag 2) Fier fris en vroom man van aansien die dominee van ons: sagte woorde altyd ‘n oor ‘n arm om die skouer woorde wat troos bemind (die susters giggel) en geliefd so mooie man geskenk aan ons in die donker kwispel sy stert word bloedbelope oë ons gloeilampe gebalde vuis en dowwe stamp. […]
Jonk vlerk jy na Netanya Amsterdam en Barcelona ‘n volle kringloop – Nazareth jou finale woning altyd éérs kunstenaar dán digter met honderde bekronings vir jou heilige aller heiligste woorde misterie belyn belig en verwoord die grense van jou ervarings jou lyding en verminking word mý pelgrimstog en inspirasie jy is ‘die sagte sprong’ wat veerlig […]