Finis
Finis
sag sag soos satyn
vou jou armvlerk my toe
beskerm en veilig
rus ek teen jou bors
die koue in murg en been
verwarm tot ‘n lou kaggelvuur
swart seer en pyn
filtreer tot lig van suiwer goud
sag sag soos satyn
dryf ek weg ver weg
na die finale veilige hawe
van geen pyn en seer meer
©A Enslin
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.