Stein-Kopf bis Fuss (Opdrag 2)
deur jou Versace-pantser
Vuitton-gesool versterk
kan jy flambojant flankeer
oorrompel en sjarmeer
vertroue skep en
met majesteit beheer
jy’s ‘n kenner
altyd wenner
ultimate verspieël
in die silwer donker poel
wat die wêreld aan jou trappers
verlei vermaak belieg
die boesemslang en
‘n adder in jou broek
manipuleer menseharte die markte
en die kromste reguit boek
maar iewers in ‘n ruike Ritz
agter jou perdspeel kamerdeur
wys die gaatjie in jou sokkie
en jou vrot toon steek daardeur
7 Kommentare
-
-
Loretta Szikra
WOW. Een stunning meesterstuk Charleine, ek love dit! 👏👏👏👏
-
Viooltjie
Uitstekend, Charleine 😊
-
Elroux
Baie goed gedoen
-
Callie Vermeulen
Pragtig verwoord Charleine
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou deelname aan die Pendoring 2 / INK kompetisie