Sielspalet
Sielspalet
Woorde omkring my wortelgedagtes
gryp na my binne-ink en trane
om my siel bloot te lê
vir betasting met modderhande
diep in my kerkergange
word ek gekersten
met bloedgrafieke op my sielsmuur
in bloed ink ek my storie
giet dit in die woestynland
vir die aasdier om te kom pik
om my siel se palet in te kleur …
al is dit net in rooi
©A Enslin
4 Kommentare
-
-

Loretta Szikra
Pragtige gedig Alet.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Elroux
WOW Alet jou gedig raak my diep