DIE BOEMELAAR
DIE BOEMELAAR Opdarg 2
Die arm boemelaar
hy lewe net soos ‘n bedelaar
hy is vuil en lyk verskriklik naar
net soos ‘n verwaarloosde sit hy daar
horende doof ou grysaard voor hom en staar
sy liggaam lewendig dood en amper klaar
peul laggende tone deur sy vellies al gaar
net soos ‘n armsalige verwese kind
soos ‘n delwer droom om goud te vind
harde lewe maak hom siende blind
van brandarm tot ‘n ryk man
droom hy net soos ‘n skatryk man
verander in ‘n welgestelde sakeman
wens hy weer hy was ‘n gesonde man
sodat hy sy wense volkome kon vul
omstandighede maak ‘n groot verskil
mooi pak en ‘n das wat by hom sal pas
hoop hy vir mooi klere aan sy bas
sien hy in sy droom die leë kas
toe was alles net ‘n groter las
© Eleen van Deventer Vorster
20/07/2018
5 Kommentare
-
-
Elroux
Mooi Eleen
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou deelname aan die Pendoring 2 / INK kompetisie