opdrag 2
neffens
die karavaan
van onverstaan
het spore weggeraak
tussen sand en berg,
waar onthou-vergeet
swart skoene los
teen die adres van môre
wyd
het stiltes geskree;
wens het geskink
tot waar die weet
van sandaalspore
(gegiet in plêstiek)
my altyd-vergeet sal vreet
en gister?
Vrede: nuwe inwoner.
4 Kommentare
-
Ryno Rossouw
So mooi geskryf, Stella. Ek dink ek is definitief jou grootste fan 🙃☺️
-
Elroux
Pragtige gedig Stella
-
Callie Vermeulen
Pragtig neergepen Stella.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou deelname aan die Pendoring 2 / INK kompetisie