Broosalleen (Opdrag 5)
Broosalleen (Opdrag 5)
Sommer so
sonder ‘n groet
is jy weg
en
ek
is
brokkelbroos
vergeet-my-nietjies en trosse reënblomme
tuimel in my hart se storms
emosieblare word gekneus
en aan flarde geskeur
beklemmende wurggrepe smoor
hartskeurende rou smartkrete
tot spasmodiese snikke
en opgedroogte oë
‘n donker gat grynslag in swart
ek voel
purperbroos
©A Enslin
8 Kommentare
-

Loretta Szikra
Ek hou baie hiervan, mooi gepen Alet.
-

Anze
Pragtig, dankie vir jou deelname aan die Pendoring 2 / INK kompetisie
-

Callie Vermeulen
Pragtig geskryf en mooi beelde so geskep Alet.
-

Cornien
Pragtig!
-

Driekie
Baie mooi woordspeling.
-

Elroux
Pragtig gedoen Alet.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Caren Kearley
Baie mooi gedoen, Alet