Brief aan Sheila Cussons (Opdrag 1)
Jonk vlerk jy na Netanya
Amsterdam en Barcelona
‘n volle kringloop –
Nazareth jou finale woning
altyd éérs kunstenaar
dán digter
met honderde bekronings
vir jou heilige aller heiligste woorde
misterie belyn belig en verwoord
die grense van jou ervarings
jou lyding en verminking
word mý pelgrimstog en inspirasie
jy is ‘die sagte sprong’
wat veerlig vasspeld
om my sielsdenke
te neem op wye vlerkspan
van Morawië tot Nazareth House
(van DJ Opperman tot NP van Wyk Louw)
wat ‘n voorreg en eer
my vademekum
©A Enslin
10 Kommentare
-
-
Driekie
Prag gedig hierdie, uitstekend verwoord.
-
Anze
Pragtig, dankie vir jou deelname aan die Pendoring 2 / INK kompetisie
-
Callie Vermeulen
Pragtige gedig Alet! Die storie en woorde vloei so mooi.
-
Elroux
Pragtig verwoord Alet
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
Goeie werk, Alet 😃