Asem van letters
Opdrag 1
Asem van letters
die digter se pleidooi
uitgegooi soos ‘n werpnet
hóóg oor die wêreld waarin
biljoene taalwyses wemel
tot dit wydgesprei swaai en
die lees-oppervlak breek,
‘n woordrimpeling wat sug
met die asem van letters in
die spreekstem van taal
élke woord, élke greep
geweeg, gemeet en gepas soos die baas
altyd geskeer, gebaadjie en gedas;
‘n reënboog van vokale in
konsonante toegevou om
digtersbeelde wat stadig
soos ‘n kleurvolle rankroos
sy blare in sonlig oopblaai;
so moet die gedig
verborge geheimenisse
met eenvoud verraai
© Grootvissie
Julie 2018
9 Kommentare
-
Loretta Szikra
Pragtige gedig hierdie - jou laaste 2 strofes sê dit so waar.
-
Elroux
Lieflke gedig
-
Barbara
dit lees so lekker xx
-
Driekie
Pragtig!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou deelname aan die Pendoring 2 / INK kompetisie