Jongste aktiwiteit:

‘n kyk in die spieël (Opdrag 1)

die spieël het keer-op-keer gebreek tot stukkies glas wat jou weer-en-weer penetreer
die bloed van jou stil-gebore liefdes oor jou hart laat spat
maar jou bitterbessie-bitterste-bitter-seer
was die verwerpte kind wat in jou bly skree

niemand het geweet of omgegee of jy elke nag honger-hond gaan snuffel by ou liefdes se graf
altyd weer die kind hoor huil
jy, alleen-alleen vir die maan teen woeste winde tjank en blaf
loodswaar spore langs afdraaipaadjies trap

die verhongerde seevoël het uit Valkenburg ontvlug om haar nog net een maal dik te mag vreet
jy het s t a d i g gekring oor elke verrotte herinnering
ek wonder of jy nog die afdraaipaadjie sou loop van altyd onthou van nooit-ooit vergeet
as jy sou kon weet dat al jou spoke net wiegende wier en seegras was?

jy, met jou rooi-rooi hart wat nou diep-dieper spore trap van pondok, huis tot paleis
jou woorde skiet saad in digters-harte waar dit bloedrooi bloei
jy, met die seerkry-kind geabba op jou rug wat deur die hele ganse wye wêreld reis
jou beeld in die spieël het geheel en gegroei tot ‘n reuse majestueuse ikon

jy, Afrika-kind bly in my spook – maar is nie dood
ek hoor jou koggel-koggel eggo alom
by Drieankerbaai rol die golwe voort
gee jou woorde weer(-en-weer-en-weer)

©Evanthe 2018
‘n Gedig oor Ingrid Jonker se lewe van verwerping en uiteindelike roem na haar dood.




12 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed